Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God! Slaan dié leeus se slagtande uit, Here! (vers 7)
Hoe moet ’n gelowige reageer op die onreg en korrupsie van leiers, en op die matelose ellende wat dit tot gevolg het vir die armes en kwesbares in die land?
Darem seker nie só soos hierdie digter nie! Só wil ons ewe polities korrek antwoord. Maar dit staan in die Bybel. Daarmee stel die digter aan ons die voorbeeld van eerlik wees voor God, om selfs jou rouste emosies na God te neem. Want soms is dit goed om jou frustrasie en jou woede oor die onreg om jou en teenoor jou te verwoord in jou gebed tot God.
Let wel: Teenoor God. Die digter van hierdie psalm stel nie belang daarin om self wraak te neem nie, want dit kom ons nie toe nie. Dis God se reg om te straf, herinner Paulus ons in Rom 12:19.
Sal daar ooit ’n dag kom dat die reg herstel word en mense se vertroue in God herstel word, soos vers 10 en 11 verwag? Natuurlik! Op Golgota het God die Bose kortgevat, en daar kom ’n dag wanneer almal voor die regterstoel van Christus verantwoording sal moet doen.
Views: 10