Julle moet die regterboud van die maaltydofferdier as ’n offergawe aan die priester gee. (vers 32)

’n Mens hoor van tyd tot tyd dat iemand brom omdat ’n predikant betaal word vir sy werk. Hy doen dit tog vir die Here, is die argument, en daarom behoort hy nie betaal te word nie. Tog het God van die begin af gereël dat daar in hulle wat voltyds in sy diens staan, se lewensonderhoud voorsien moet word. Die priesters het gedeel in die offergawes wat aan die Here gebring is. Paulus maak ook heelwat daarvan dat kerklike leiers wat die woord van die Here bring, ’n behoorlike inkomste moet kry (1 Tim 5:17-18; vgl 1 Kor 9:7-12).
Dit is ongelukkig so dat party geestelikes van hierdie reëling misbruik maak, en van hulle gemeentelede verwag om vir hulle ’n luukse lewe te gee. Party skimp net, soos die pastoor wat dikwels laat val het dat die Here aan hom geopenbaar het dat hy nog eendag met ’n Mercedes sal ry, tot ’n lidmaat dit vir hom gegee het. Of televangeliste wat in ongekende weelde lewe. Dit was ook een van Hofni en Pinehas, die hoëpriester Eli, se sondes (1 Sam 2:13-17).
Evangeliedienaars het die reg om vergoed te word. Doen dit blymoedig.

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.