Ek het gesien daar staan ’n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. (vers 2)

Dis goed om te onthou wat die omstandighede was toe Johannes dié gesig gesien het. Die kerk is hewig vervolg deur ’n goddelose, wrede keiser. Gelowiges was uitgelewer aan ’n bose mag, bang en weerloos.

In dié tyd sien Johannes in die hemel ’n deur wat oopgemaak is (vers 1). Ons lewe onder ’n ope hemel. Ons lewe in ’n tyd waarin ons voortdurend, elke oomblik van die dag, toegang het tot die Vader. God weet wat aangaan. Hy hoor ons versugtinge en gebede!

Op die troon sit – God. Geen wêreldse leier of maghebber nie – God is aan bestuur van sake. Mense merk dikwels op dat die duiwel los is, so asof Satan die hef in die hand het. Nee, sê Openbaring. God is in beheer. G’n wonder nie dat dit kalm is in die hemel. Geen paniekerige geskarrel nie, al gaan dinge oënskynlik sleg op aarde.

Daarom sien ons die ander wesens in die hemel in aanbidding en lof voor die troon. Dis die gepaste reaksie van iemand wat weet dat God in beheer is.

Ons is ook hier onder ’n oop hemel. God regeer!

image_pdfimage_print

Views: 19

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.