Maar Moses sê vir die Here: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.” (vers 11)

Wanneer ’n mens oor Moses dink, rys sy figuur uit bo talle ander in die Ou Testament. Hy was ’n reus in die verhaal van God se handelinge met sy mense. Hy het nie net die Israeliete uit slawerny gelei nie, hy het hulle ook as ’n volk saamgesnoer en wetgewing ingestel om hulle volkshuishouding te reël.

Moses is onmiskenbaar ’n sleutelfiguur in die Bybel. Daarom word hy (as wetgewer) dikwels saam met Elia (as profeet) genoem as dié Ou Testamentiese held.

Min mense sal met dié siening stry. En tog het Moses nie as dié groot held begin nie. Sy eerste treë as leier was, om die minste daarvan te sê, baie huiwerig en onwillig. Toegegee, wat die Here van hom gevra het, was nie min nie. En tog, danksy die Here se leiding en aanmoediging, word hy die reus wat ons vandag onthou en eer.

Moses het homself onderskat, of liewer, hy het onderskat wat God deur hom kan doen. Moenie jy dieselfde fout maak nie!

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.