Tog het die Here die farao nog steeds koppig laat bly. Hy het nie aan Moses en Aäron se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf vir Moses gesê het. (vers 12)

As die Here die farao koppig laat bly het, het die farao mos geen skuld aan wat hier gebeur nie? Hy is dan net ’n magtelose pion in God se hand, of hoe?

Só ’n uitspraak rym natuurlik glad nie met wat ons van God en sy werkswyse in die Bybel leer nie. Volgens die Bybel is elkeen van ons verantwoordelik vir ons eie besluite en dade; die farao ook. Hy was ’n hardkoppige, eiesinnige man, en dit is dié karaktertrek wat die Here inspan om sy doel te bereik. Wanneer die Bybel sê God het die farao se hard verhard (2020-vertaling), sê die Bybel daarmee dat die farao net meer vasbeslote geraak het om God te weerstaan.

Nie al die Egiptenare het met hom saamgestem nie. Ons het gelees van die towenaars wat God se mag erken het (Eks 8:19), en ons lees later dat talle Egiptenare hulle by die Israeliete aangesluit het (Ek 12:38).

Daarom dat Jesus later ook nie vir Judas laat vrykom oor sy besluit om Hom te verraai nie (Matt 26:24).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.