Ses dae moet julle julle werk doen, maar die sewende dag moet vir julle ’n gewyde dag wees. Dit is ’n rusdag tot eer van die Here. (vers 2)
Hoe moeilik is dit vir jou om weg te breek van jou werk? Kan jy dit vir ’n hele dag los? Dís waaroor die sesde gebod gaan. Dit
gaan oor rus om die dodelike roetine van werk, werk, werk te breek. Een dag in die week stop dit. Daardie dag is ’n gewyde dag, dit behoort aan God, sodat ons Hom kan eer en die feit dat Hy ons verlos het, kan vier. Vir ons as Christene is dit Sondag.
As jy jou Sondag só inrig dat daar nie tyd is om saam met ander gelowiges jou verlossing te vier nie, het jy ’n probleem. Sondag is ’n present wat God vir ons gegee het. Ons kan rus! Ons kan kerk toe gaan om God te aanbid, om sy ander kinders te ontmoet en deur die saamwees met hulle in ons geloof versterk te word. Ons hoef nie Sondae te werk nie. Daarom het ons tyd vir God, mekaar en vir onsself.
Dit is mos onnosel om dié wonderlike geskenk van God op te mors!
Views: 1