Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. (vers 1)

In die Grieks van die Nuwe Testament-era was daar verskillende woorde vir liefde. In Afrikaans omvat die woorde “liefde” omtrent almal: vriendskap, kameraadskap, hartstog, toegeneentheid, deernis … Maar ons het nie ’n woord vir die liefde (agapé) waarvan Paulus hier praat nie. Een van die beste vertalings vir agapé het ek by William Barclay gelees: onvernietigbare goedgesindheid (unconquerable benevolence).

Die probleem waarmee ons sukkel as ons die woord “liefde” in 1 Kor 13 lees (en natuurlik ook die “nuwe gebod” wat Jesus ons gegee het in Joh 13:34) is dat ons meen daar is emosie by betrokke, maar dis nie wat Paulus sê nie. Hy sê agapé is ’n daad, nie ’n gevoel nie. Dis nie iets wat jy weet of oor moet praat nie, dis iets wat gedoen moet word, geleef moet word in jou verhouding met ander. In vers 4-7 omskryf hy dit treffend, met die middelste stelling wat alles as ’t ware omvat: “soek nie sy eie belang nie.” Dis ’n houding van wegkyk van jouself en op ander fokus.

Dis hoe Jesus geleef het. Lees gerus 1 Joh 4:19.

image_pdfimage_print

Views: 79

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.