Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?” (vers 29)

Die wetgeleerde se vraag is nie so onskuldig soos dit klink nie. Hy wou eintlik weet wie almal hy moet insluit, en wie kan hy uitsluit wanneer die opdrag tot naasteliefde na hom toe kom.
Dit is ook ’n vraag wat hom telkens ongevraagd aan ons opdring. Dit gaan oor insluiting en uitsluiting. Oor “ons” en “hulle”. As dit een van ons is, is dit ook my saak, maar as dit een van hulle is, traak dit my nie. Dan is ek los.
Dalk loop jou gedagtes nou dadelik na die rassevraagstuk, wat natuurlik uiters relevant is. Jesus het nie verniet ’n Samaritaan in die gelykenis ingevoeg nie. Maar dit gaan nie net oor ras nie. Dit gaan ook oor klasse in die samelewing, en klieke en inkommers en politiek en verskillende standpunte in die kerk waar die sg. fundamentaliste en die sg. verligtes mekaar verdag maak.
Jesus sê ons naaste is hulle wat ons nodig het, maak nie saak wie dit is nie. Ek en jy mag nie soos die priester en die Leviet gedoen het, anderpad kyk nie. Soos die Samaritaan moet ons die mens raaksien wat oor ons pad kom.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.