As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra. (vers 13)

Waarvoor kan ’n mens bid? Mag ’n mens meer as een keer vir dieselfde saak vra? Wanneer moet jy ophou bid oor iets?
Dis maar enkele van die talle vrae oor gebed. Want gebed is iets wat ons moeilik begryp. Lukas 11 laat ons verstaan dat ons in goeie geselskap is. Jesus se dissipels het ook gewonder oor gebed.
Jesus se antwoord is bemoedigend. Ons hoef nie in gebed die deur na die hemel oop te skop nie; God sál antwoord. En ons kan oor enige ding onder die son bid, soos ’n seun vrymoedigheid het om met al sy vrae en vrese na sy pa te gaan. Die verskil is net: God is meer as net ’n pa; Hy is God! Hy wéét. Hy kán help.
Soos Jesus dikwels gedoen het, is daar ’n kinkel aan die einde van sy woorde. Hy herinner ons dat gebed oor meer as materiële dinge gaan. Ons moet bid dat die Gees in ons kragtig sal werk. As ons nie daarvoor óók vra nie, is ons gebede onvolledig.

image_pdfimage_print

Views: 22

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.