Die Here het toe gesê: As jy jou woorde terugneem, sal Ek jou weer in my diens neem. As wat jy sê, waarde sal hê en nie onsin sal wees nie, sal jy weer namens My kan praat. Die mense moet jóú volg, nie jy vir hulle nie. (Jer 15:19)

Jeremia moes God se woorde verkondig, maar die mense hou nie daarvan nie. Hulle haal hulle verontwaardiging op Jeremia uit, asof hý die verkeerde een is. Dit word vir hom te veel. Hy neem sy ma kwalik dat hy gebore is (vers 10), en dan, byna ondenkbaar, kla hy dat God onbetroubaar is (vers 18b).
As predikant verstaan ek Jeremia se dilemma. Jy verkondig wat jy by God hoor, maar dit word nie goed ontvang nie. Wat mense wil hoor, is dat hulle op die regte pad is, maar nou kom jy en praat van inkeer en terugdraai na die Here toe. Die uiteinde is alte voorspelbaar. Jý word die skurk in hulle oë, want jy sê nie wat hulle wil hoor nie.
Dis dán dat jy kwaad en verontwaardig word, ook teenoor die Here (vers 19), en goed dink wat kon gebly het. Maar uiteindelik moet jy weer na God terugkruip en vergifnis vra. Bid tog vir jou predikant!

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.