Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! (vers 20)
Versoening kan nie plaasvind as dit wat verkeerd geloop het, nie eers uit die weg geruim is nie. As jy te na gekom is, gaan dit sukkel as die een wat jou skade berokken het, maak asof dit niks is nie. Dis ook waar van ons verhouding met God. Ons sonde krenk Hom diep, en ons kan dit nie net ignoreer nie.
Die goeie nuus is dat God self van sy kant af hierdie sondeskuld wat tussen ons en Hom ingekom het, weggeneem het. God het die wĆŖreld met Homself versoen (vers 19). Dit is wat die Here Jesus kom doen het. Hy het kom regmaak wat ons nie kan nie. Hy het die afgrond tussen ons en God kom oorbrug. Daarom het Hy aan die kruis gehang: Vir ons, vir ons sondeskuld by God. Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees (vers 21).
Ons moet dit net aanvaar. Dis natuurlik waar die knoop lĆŖ, want dit vra van my om te erken dat ek misluk het.