Kom, volk van Jakob, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom. (vers 5)

Jesaja 1 eindig met ’n oordeelsaankondiging, maar oordeel is nooit God se laaste woord nie. Die koms van die messiaanse heilstyd is – die deurbreek van God se koninkryk in hierdie gebroke werklikheid. Die doel van God se oordeel is om hierdie heilstyd te laat aanbreek. Wanneer Hy sy volk gereinig het van hulle sonde, sal almal weet dat Hy die enigste God is, en sal die tempel in Jerusalem die middelpunt van die wêreld wees.
Dan sal die wonder gebeur dat al die nasies daarheen sal stroom (vers 2). God is immers nie net Israel se God nie, maar almal s’n. En wanneer God koning is oor alles en almal, verdwyn vyandskap en die behoefte aan wapens. As God jou lewe verander, kan jy nooit weer met dieselfde oë na ander kyk nie.
Dié wonderlike toekoms kan net ’n werklikheid word as God se mense leef asof dit nou al ’n werklikheid is. Daarom roep Jesaja ons op: “Kom, volk van Jakob, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom.” As God se heerskappy oor die wêreld sigbaar word, sal ander Hom ook as God kan herken.

image_pdfimage_print

Views: 118

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.