Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee. (vers 3)

Wat gebeur wanneer jy bid? Wanneer jy God se hulp inroep?
Daar is mense wat sê gebed help nie. Daar is mense wat sê God het so baie groot dinge wat sy aandag verg dat Hy nie tyd het om aan jou as nietige sterfling en jou onbenullige gebede te luister nie.
Dit is duidelik uit hierdie loflied dat Dawid nie gedink het gebed maak nie saak of verskil aan sy situasie nie. Toe hy na God geroep het, het God sy gebed verhoor en hom nuwe krag gegee. Dit is presies hoekom miljoene gelowiges steeds gebed as een van die wonderlikste voorregte beskou.
Jesus was hierin ’n voorbeeld by uitnemendheid. Sy hele openbare bediening is deur gebed omvou. Hy het gebid toe sy bediening begin het met sy doop (Luk 3:21); sy laaste woorde aan die kruis was ook ’n gebed (Luk 23:46). Telkens voor belangrike besluite sien ons Hom in gebed met sy Vader verkeer (o.a. voor Hy sy dissipels aangewys het, Luk 6:12-13, en in Getsemane, Luk 22:39-45).
Die Here gee om vir die nederige (vers 6). Daarom kan ons ons hart voor Hom uitstort.

image_pdfimage_print

Visits: 7

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
fb-share-icon20
Tweet20
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.