… vreugde en gejuig het verdwyn uit die vrugteboorde; in die wingerde word daar nie meer gesing en gejubel nie, in die parskuipe word daar nie meer wyn uitgetrap nie, want Ek maak ’n einde aan die oesvreugde, sê die Here. (Jes 16:10)
Die ondergang van Moab wat die profeet aankondig, is só traumaties dat dit homself ook aan die hart gryp (15:5 en 16:9,11). Daar is net ellende op ellende. Só erg is dit dat hulle dÃt wat oorgebly het, saam met hulle moet dra (15:7). Hulle soek asiel by Juda (16:1-5), maar Juda weier om te help (16:6). Moab het immers nie ’n trotse verlede oor hulle optrede teen Juda nie, en pluk nou die vrugte van hulle eie hoogmoed.
Die katastrofiese ondergang van die welvarende Moab is ’n blywende waarskuwing vir ons. Moab se einde het in ’n ommesientjie gekom, en dit was vir hulle totaal onverwags. Agter hulle ondergang, sê Jesaja, het God gestaan (16:10). Hy hou die uiteindelike lotgevalle van nasies en indiwidue in sy hand.
Ons weet nie wat die toekoms inhou nie. Daarom moet ons elke dag in ootmoed en erkentlikheid teenoor God leef en by Hom skuil.