Die Here die Almagtige sal hulle seën en sê: Geseënd is my volk Egipte, geseënd is Assirië wat deur My geskep is, en geseënd is Israel, my eiendom. (vers 25)

Jesaja kondig nie net die oordeel van die Here op Egipte af nie (vers 1-17); hy verkondig ook dat in die toekoms seën sal kom op die dag wanneer die Here ingryp. Dan sal die Egiptenaars hulle tot die Here bekeer (vers 18-22). God is immers nie net die Jode se God nie; Hy is die God van die hele wêreld, ook van Egipte. Uiteindelik sal die ganse wêreld hulle tot Hom keer en Hom saam dien (vers 23).
Die eerste vervulling van hierdie profesie het aangebreek toe die hart van die Christendom in Egipte en Noord-Afrika gelê het. Die Koptiese Kerk in Egipte (wat vandag nog bestaan) het ’n beduidende invloed op die teologiese denke van die eerste eeue gehad. Die kerkvader Augustinus van Algerië in Noord-Afrika se invloed is vandag nog in die kerk sigbaar.
Wanneer God seën, verander die wêreld! En dis vandag steeds die waarheid.

image_pdfimage_print

Views: 77

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.