Die Here sal jou weggooi, Hy sal jou ver weggooi, jou verwaande vent, en jou behoorlik toepak! (vers 17)

Verwaandheid en opgeblasenheid is ’n gruwel in die oë van die Here.
Dit het Sebna, die staatsekretaris van koning Hiskia, glad nie verstaan nie. Hy het geweet in watter benarde posisie sy land en mense was. Maar in plaas daarvan dat hy op sy knieë gegaan het om die Here om uitkoms te smeek, was hy besig om ’n monument vir homself op te rig deur ’n praalgraf te bou.
Jakobus skryf in sy brief (4:6; vgl Spr 3:34): “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Dit was ook die geval met Sebna (vers 19).
Sy opvolger, die godvresende Eljakim, het dié les goed verstaan en was soos ’n vader vir die mense. Maar uiteindelik sou hy nie die val van sy land kon keer nie (vers 25). Die val van die Dawid-dinastie was onvermydelik.
Maar terug by Sebna. Selde in die Bybel is sulke sterk woorde oor iemand gesê. Hy is ’n verwaande vent, ’n skande vir sy koning (vers 17 en 18). Dit staan in skrille kontras met wat God van sy kinders verwag, naamlik “meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam” (Kol 3:12).

image_pdfimage_print

Views: 38

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.