Die Here die Almagtige het dit besluit. Hy breek die trots, Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word! (vers 9)

Die tema van hoogmoed en trots is weer aan die orde, dié keer gemik teen Tirus. Dié stad se hoofbron van inkomste was sy beskutte hawe. Dit het groot welvaart en weelde gebring, maar daarmee saam ook hoogmoed. Dis kos baie sterk bene om rykdom te dra.
Die val van Tirus was aan die hand van Assirië, wat alles en almal in sy pad platgevee het. Assirië het ook die Noordelike Ryk van Israel, met sy hoofstad Samaria, van die aardbol gevee, en was ’n voortdurende bedreiging vir die Ryk van Juda.
Die Een agter die val van Tirus was egter nie Assirië nie, hoewel dié bloeddorstige nasie die instrument was. Die besluit het by die Here die Almagtige gelê, en die rede was hulle trots en grootheidswaan.
Van die karaktertrekke van ’n gelowige is beskeidenheid of sagmoedigheid, en nederigheid. Die Bybelskrywers word nooit moeg om dit te noem nie – Gal 5:23, Efes 4:2, Kol 3:12, Jak 3:13, 1 Pet 3:16 … En dis ook nie vreemd nie, want dit is hoe die Here Jesus is (Matt 11:29).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.