Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer. (vers 1)
Wanneer jy geen uitkoms sien nie en daar nie lig in die tonnel is nie, verloor ’n mens hoop. Dan hou jy op om te probeer. Dis met alles so, ook met geloof. Die merkwaardige van Jesaja se profesieë is dat hy juis die hoop lewend hou. Hy kondig nie net oordeel en verwoesting en ellende aan nie. Hy, soos min ander Ou Testamentiese profete, verkondig hoop. In hierdie hoofstuk praat hy oor ’n tyd van herstel, waar God sy finale heerskappy vestig. Latere profete het sterk op hierdie hoofstuk gesteun, onder andere ook die boek Openbaring. Lees gerus Open 21.
Wat merkwaardig is van Jesaja se profesie, is dat hy praat asof die nuwe toekoms reeds aangebreek het (vers 1 en 2). DÃt is hoe seker God se toekoms is! Ons kan daaraan vashou en daarop hoop, ook vir vandag.
Natuurlik, ons wat die Gees reeds ontvang het, het baie meer om aan vas te hou, want die Gees van God is in ons en laat die hoop groei.