Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie. (vers 13)

Die Here Jesus haal hierdie woorde van Jesaja aan in Matt 15:7-9 waar Hy die Jode verwyt dat hulle ter wille van hulle oorgelewerde gebruike die gebod van God verontagsaam (Matt 15:3). Paulus waarsku ook (2 Tim 4:3) dat “daar ’n tyd sal kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor.”
In Jesaja gaan dit oor God se volk; Jesus praat met God se mense; Paulus praat van kerkmense. Daarom mag ons nie ons skouers optrek en sê dit gaan nie oor ons nie, dit is oor ander mense wat die Bybel praat. Watter ander mense?
Dit is die groot versoeking waaraan ons blootgestel is – dat ons net hoor wat ons wíl hoor, dat ons net sekere dele in die Bybel vir onsself toeëien, dat ons tradisies en kultuur vir ons belangriker word as wat die Here in sy Woord sê.

image_pdfimage_print

Views: 73

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.