Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier, Hy kom om wraak te neem, om julle vyande te straf; God kom julle red!” (35:3-4)

Jes 34 beskryf wat gebeur as God ingryp. Soos dit destyds met Sodom en Gomorra gegaan het, sal dit met God se vyande gaan (34:9).
Vir ons is hierdie beelde vreemd, selfs ontstellend. Dat die swaard van die Here van bloed drup, rym nie regtig met ons voorstelling van ’n God van liefde nie. Maar agter hierdie tipiese voorstellings van Bybelse tye, lê ’n baie belangrike beginsel. God maak erns met sonde. Sy toorn ontbrand teen die sondaar. Hy is God, Hy regeer oor die hele aarde. Wie teen Hom in opstand is, wie sy vyand geword het, moet weet dat die oordeel op hom wag.
In teenstelling met Edom verander Israel in ’n blomtuin (35:1-2). Waar God is, kan niks dieselfde bly nie. Hy bring genesing vir almal. Daarom, skep moed!
Toe Johannes die Doper begin twyfel het, het Jesus Jes 35:5-6 aangehaal om te sê Hy is die Messias (Matt 11:4-5). Iets van die heerlike nuwe wêreld het in Hom sigbaar geword.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.

Pin It on Pinterest

Share This