Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet. (vers 23)
Ek wonder of Josef alte bewus was van die Here se teenwoordigheid (Gen 39:23). Ek glo hy het in dié tyd dikwels tot God geroep – in die put, op pad na Egipte, in Potifar se huis, toe Potifar se vrou hom in ’n hoek wou keer, en ook nou hier in die tronk.
Die antwoord wat hy gekry het, was sekerlik nie vir hom bemoedigend nie. Want hy is nog steeds nie terug in Kanaän nie. Boonop is hy nou nie meer net ’n slaaf nie, maar ’n bandiet! Nie juis ’n posisie wat getuig van die Here se guns nie.
En die ergste van alles is die hopeloosheid van sy situasie. In hierdie hele hoofstuk gebeur daar eintlik niks met hom nie; dit lyk asof sy lewe in die tronk gaan eindig.
Josef moes jare wag dat die lig deurbreek. Eers dertien jaar ná hy Egipte toe is, het dinge vir hom begin draai. Maar dit was nie dertien leë jare nie, al het dit vir hom so gevoel. God was by Josef, en besig met hom. Daarom kon hy daardeur. DÃt is die evangelie.