Julle is my getuies: is daar ’n God buiten My? Daar is geen ander Rots nie; Ek weet van geeneen nie. (vers 8)
In die grootste gedeelte van hierdie hoofstuk spot die Here met mense wat vir hulle afgode maak en hulle dan verbeel dat dit iets werd is. “Wie maak nou ’n god, giet ’n beeld wat nie kan help nie!?” vra Hy in vers 10.
Inderdaad, niks wat aards is, kan jou op die lange duur dra, help, troos of hoop gee nie. Dit is dinge wat net die Here kan gee. Daarom verbyster dit my telkens weer dat daar mense is wat steeds hulle hoop en vertroue op ander dinge stel. Dit kan geld of politiek of mag of sulke dinge wees. In die laaste tyd lees en hoor ’n mens al meer van mense wat hulle eie intellek vertrou en in hulle gedagtes met geloof en met God afreken en ewe selfbelangrik verklaar dat God ’n mensgemaakte produk is waarsonder hulle kan klaarkom. “Almal wat so ’n god aanhang, word teleurgestel,” verklaar Jesaja (vers 11).
So die vraag is, as jy baie eerlik is – waarop stel jy jou vertroue?
Views: 32