Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ’n leerling moet luister. (vers 4)

Dis die Dienaar van die Here wat hier aan die woord is, en Hy erken dat sy woorde van God af kom. Elke môre sit Hy opnuut aan God se voete om te weet wat Hy moet sê, en hoe Hy dit moet sê.
In die Here Jesus se aardse lewe het Hy dit daadwerklik uitgeleef. Ons lees hoe Hy dikwels vroeg-oggend (en soms selfs die hele nag lank) die stilte gaan opsoek het om in sy Vader se teenwoordigheid te wees (vgl. onder andere Mark 1:35, Luk 5:16, 6:12).
Ek en jy sal nie sonder dié stiltetyd in die leerskool van God ons getuienis kan uitleef nie. Dalk is jy gefrustreerd, want daar is soveel dinge wat jou aandag verg dat jy sukkel om by God stil te word. Maar dis juis in sulke omstandighede wat jy tyd moet máák vir stil word. Dis tog wat Jesus gedoen het.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.