In al die nood het Hy ook nood beleef. Hy was die engel wat hulle toe gered het. In sy liefde en genade het Hy hulle gered. Hy het hulle opgetel en gedra soos in die vroeë dae. (vers 9, NLV)

Dit gebeur ongelukkig heeltemal te maklik dat ons só met onsself worstel, ons tekortkoming, ons laksheid, ons eie sondigheid, dat ons kan vergeet oor wie dit eintlik gaan in ons geloof. Of anders gestel, waaroor dit gaan in ons godsdiens. Natuurlik gaan dit oor God, dink jy seker nou verontwaardig. Maar dis ongelukkig nie so eenvoudig nie. Ons godsdiens vervlak maklik in ’n kultuur-ding, waar die kerk-kultuur en volkskultuur belangriker is in ons denke as wat God is.
Dit was wat in Jesus se tyd gebeur het. Vir die Jode destyds het dit oor godsdiens gegaan, oor reëls en wette, en nie oor die vraag na God nie.
Dink jy genoeg oor God? Oor Hom as ’n lewende Drie-eenheid? Wat nood beleef saam met jou? Wat in nood is omdat dinge verkeerd gaan met sy kinders?
Dit gaan immers uiteindelik, in finale instansie, oor God en ons verhouding met Hom. As dit nié so is nie, het ons die spoor byster geraak.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.