U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed! (vers 12)
Hierdie psalm is waarskynlik gebruik om God te prys ná die oes, maar dit gaan om baie meer as net God se seëninge met die oes. In die lied word God gedank omdat Hy die volk se sonde wegneem (vers 4). God word geprys oor sy wonderdade in die verlede; in plaas van straf oor hulle sondeskuld het Hy hulle met kragtige dade verlos (vers 6). God sorg egter nie net vir sy volk nie, maar ook vir mense in afgeleë lande (vers 6 en 9). Die opbrengs van die land is teken van hierdie seëninge (vers 10).
Ook ons ervaar hoe God ons met Hom versoen het en ons gebede verhoor. Die kos wat ons eet en die voorregte wat ons het, kom alles uit sy goeie hand. Ook ons geskiedenis vertel van al die genadegawes wat God so onverdiend aan ons gegee het.
En natuurlik: Ons is vrygespreek omdat Christus in ons plek gely het (Rom 3:25-26); ons lewe omdat Christus vir ons opgestaan het uit die dood; ons is weer welkom by God omdat Christus vir ons die pad oopgemaak het. Ja waarlik, God verdien om geloof te word!
Views: 4