En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom. (Jak 5:1)
Is dit dan verkeerd om ryk te wees? Is rykdom inherent boos? Wat dan van Abraham, of Salomo, en talle ander skatryk gelowiges? Nee; dis nie rykdom as sodanig waarteen Jakobus dit het nie, hoewel die glinstering van geld vir baie ’n groot versoeking is, en dit sterk bene verg om rykdom te dra.
Waarteen Jakobus dit hier het, is rykdom wat op ’n oneerlike manier bekom is – ten koste van ander (vers 4). Hy waarsku ook dat ’n ryke afgestomp raak oor die behoeftes van die armes (vers 5-6). Hiermee sluit hy hom aan by talle profete in die Ou Testament (vgl bv Miga 6:12, Sef 1:18).
Jesus het ook al teen so ’n selfsugtige en selfgenoegsame rykdom gewaarsku in die gelykenis van die ryk dwaas (Luk 12:16-21; kyk ook na Luk 6:24), en die gelykenis van die ryk man en Lasarus (Luk 16:19-31). Die uiteinde van só ’n lewe is die ewige oordeel. So eindig die twee gelykenisse, en so skryf Jakobus ook (vers 5).
Uiteindelik sal ons elkeen verantwoording moet doen oor hoe ons ons geld versamel en spandeer. DÃs die punt van Jakobus se vermaning.
Naskrif: Môre begin ons (DV) met die boek Haggai.