Prys ons God, alle volke, laat sy lof weerklink! Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie! (vers 8-9)
Een van die groot temas in die Psalmboek is lof. God moet geprys word, en ons word telkens opgeroep om op ons eie, maar ook saam met ander, God se Naam groot te maak. In hierdie psalm word almal op aarde (vers 1 en 8) opgeroep om tot God se eer te jubel. Hy het immers deur sy verlossingsdade vir Israel duidelik sy almag getoon (vers 5-7). Selfs in tye van beproewing bly Hy God (vers 8-12).
Die digter roep nie net alle volke op om God te prys nie. Hy doen dit self ook in die tweede deel van die psalm (vers 13-20). Só vol is hy van die lof oor God se goedheid dat hy dit vir almal wil vertel (vers 16). God, sê hy, is ’n God wat hoor as ons na Hom roep (vers 17 en 19).
Dit is goed om aan jou eie lewe terug te dink en die tye toe jy in die nood was, te herbesoek. Onthou hoe jy tot God geroep het, en ook die uitkoms wat Hy gegee het. Prys Hom vandag opnuut weer!
Views: 43