Ook die skape se herders gee vir hulle niks om nie. (vers 5c)

Geleerdes is dit met mekaar eens dat hierdie gedeelte een van die moeilikste dele in die Ou Testament is om te verklaar. Dit het egter heelwat vir ons vandag te sê, ook wat die kerkleiding betref. Swak leiers lei tot verdeeldheid en uiteindelik tot ’n kerk se ondergang.
In simboliese taal praat Sagaria oor ’n tyd waarin elkeen maak soos hy of sy wil, en daar nie goeie leiers is wat dinge bymekaar hou nie. Die leiers dien hulle eie belange en nie dié van die mense wat hulle veronderstel is om te lei nie. Die Here waarsku dat Hy Hom aan só ’n gemeenskap onttrek en hulle aan hulle eie lot oorlaat (vers 6).
Tog probeer God weer. Hy stel sy profeet as die nuwe herder aan. Die kierie “Vriendelikheid” is simbolies van God se toegeneentheid teenoor sy volk. Die ander kierie, “Vereniging”, dui op die gesindheid van eenheid wat onder die lede van die volk van die Here behoort te heers.
Die nuwe herder raak egter moedeloos, want die mense wil nie sy leiding volg nie, en hy gee huur op. Bid dat dit nie ons voorland is nie!

image_pdfimage_print

Views: 69

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.