Koningin Vasti het egter geweier om te kom soos die koning haar deur sy paleisbeamptes beveel het. (vers 12)

’n Mens kan hierdie hoofstuk betitel: “Wie is baas in die huis?” Want dit is waaroor dit hier gaan: die uitoefening van mag. Ahasveros beveel sy vrou om “met haar kroon op” in ’n banketsaal vol dronk mans in te kom (vers 11). Volgens Joodse uitleg het dit beteken dat sy kaal moes kom, net met haar kroon op. Ons sal nie weet nie, maar dit is duidelik dat dit ’n baie onsensitiewe bevel van die koning was.
Ahasveros se magspeletjies boemerang lelik toe Vasti haar voet neersit. In die proses plaas sy die koning in ’n onhoudbare posisie, want sy daag sy gesag openlik uit. “Ek laat my nie rondorder nie,” het sy seker gedink.
Hierdie verhaal speel hom al sedert die sondeval (vgl Gen 3:16) in talle huise af. En, soos in Ester 1 duidelik is, is die uiteinde voorspelbaar. Daar is net verloorders waar man en vrou koppe stamp en oor mekaar wil heers. Daarom is Paulus se raad aan egpare om aan mekaar onderdanig te wees en nie oor die ander baas te wil speel nie (Ef 5:21-33). Dís hoe God die huwelik bedoel het (Gen 2:18).

image_pdfimage_print

Views: 50

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.