Daarna sal die Here teen daardie nasies gaan oorlog maak net soos op die dag toe Hy destyds die oorlog gevoer het. (vers 13)

Baie van ons het grootgeword met die idee dat daar aan die einde van die tyd ’n groot verdrukking sal aanbreek. Van die uitsprake in die Ou Testament (soos hier) en Openbaring word dan genoem, asook Jesus se profetiese rede (o.a. Matt 24). Hiervolgens sal oorlog, vervolging en kosmiese ontwrigting die wederkoms voorafgaan.
Hierteenoor het ons, óók uit die woorde van Jesus (Matt 24:36-44), ’n prentjie van ’n normale samelewing, waar mense hulle gewone gang gaan, wanneer die wederkoms aanbreek.
Ons moet onthou dat ’n profesie soos ’n teleskoop werk. Dinge wat ver weg is, lyk skielik naby en selfs by mekaar. Die kyker kan nie noodwendig die afstand tussen dinge skat of onderskei nie. Net so kan die profeet nie weet presies hoe dinge sal verloop, of hoe lank uitmekaar goed gaan gebeur nie.
Die verantwoordelike verstaan van hierdie dinge is dat ons nou al in die laaste dae leef. Ons moenie wag (of bang wees) vir groot ontwrigting of vervolging nie; Jesus kan enige dag kom en die nuwe hemel en nuwe aarde kom vestig. Ons moet gereed wees daarvoor, nou al.

Naskrif: Môre begin ons (DV) met die boek Filippense.

image_pdfimage_print

Views: 23

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.