Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” (vers 43)

Ek wonder wat die eerste misdadiger gedink het toe Jesus die tweede een die paradys belowe het. Was hy spyt oor sy spot? Daar was egter ook ander wat op daardie donker dag spyt sou gewees het; mense soos Pilatus en Herodes, wat ’n gulde geleentheid om Jesus werklik te leer ken, deur hulle vingers laat glip het, en talle van die omstanders wat net gestaan en kyk het (vers35).
Jesus het gesê Hy bring skeiding tussen mense (vgl Matt 10:34 en Luk 12:51-53). Nêrens is dit duideliker as aan die kruis nie. Hoekom die twee misdadigers nie op dieselfde manier na Jesus gekyk het nie, sal ons nooit weet nie. Hoekom Pilatus en Herodes nie kon sien met Wie hulle te doen het nie, is ook ’n raaisel. Wat ons wel weet, is dat jou manier van kyk na Jesus die verskil is tussen lewe en dood.
Dis vandag nog so. Die meeste mense in ons samelewing weet van Jesus. Party kyk na Hom en trek die skouers op. Wie egter in Hom die Koning sien, ontvang die paradys. Bid dan dat mense se oë sal oopgaan vir Wie Hy is!

image_pdfimage_print

Hits: 8

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.