Die Here is ’n toevlug vir sy volk, ’n veilige vesting vir die Israeliete. (vers 16)

Vroeër in die boek is daar meermale melding gemaak van die “Dag van die Here”, dikwels met die betekenis dat dit ’n oordeelsdag oor God se weerspannige volk sal wees. Hier, aan die einde, voorsien Joël egter dat daar ’n finale Dag van die Here sal aanbreek waar alles wat onrein en onheilig is, weg sal wees, en waar al die vyande van God se volk finaal verslaan sal wees. Dis ’n tyd waarin God se mense dit sal ervaar dat Hy ’n veilige vesting vir hulle is, en dat daar oorvloed vir hulle sal wees (vers 18).
Hierdie hoop vind uiteindelik neerslag in die boek Openbaringe, waar Op 21:3 sê: “Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: ‘Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.’” Só bereik die hoop wat Joël in hoofstuk 2 verkondig het, sy ongelooflike hoogtepunt en vervulling. Ons is op pad na die ewige heerlikheid in God se teenwoordigheid!
Dís mos ’n hoop waarmee ons kan leef!

Naskrif: Ek gaan later vandag geopereer word en sal vir ses weke buite aksie wees. In dié tyd gaan ek nie hierdie rubriek behartig nie. Ek sal (DV) weer begin sodra ek herstel het. Seënwense!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.