So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie. (vers 35)
Hierdie gelykenis het die Here Jesus vertel na aanleiding van Petrus se vraag oor vergifnis, oor hoeveel keer ons iemand moet vergewe. En dan sĂȘ Christus: Jy wil weet wanneer jy maar kan ophou om ân ander persoon te vergewe, maar intussen vergeet jy dat jy self vanoggend op jou knieĂ« gestaan en bid het: âVader, vergewe asseblief al my sonde.â En in sy groot genade hĂ©t ons hemelse Vader jou vergewe. Hy het nie gevra: âNou die hoeveelste sonde is dit nou wat Ek moet vergewe?â nie. Hoekom wil jĂœ dit dan nou doen, Petrus? Is jou geheue so kort? Is jou dankbaarheid so effentjies, net soos die man in die gelykenis sân? Of dink jy dit kos vir GĂłd niks om jou te vergewe nie, dis net vir jĂłĂș moeilik om ân ander te vergewe?
Genade, God se vergifnis, is nie goedkoop nie. Daarom verwag God dankbaarheid van jou en my, verwag Hy dat ons in ons optrede teenoor ander sal toon dat ons besef watter geweldige groot guns God ons bewys het deurdat Hy ons sonde vergewe.