Hy het uit sy heilige woning na onder gekyk en uit die hemel gesien wat op die aarde gebeur … (vers 20)

Daar kom tye in die meeste van ons se lewe wanneer dit voel of jy van God afgesny is. Jy bid, maar dit lyk nie of dit help nie, want daar kom geen wending nie, en uiteindelik kom jy tot die gevolgtrekking: God het jou weggegooi (vers 11).
Dis waar die digter van hierdie psalm is – ellendig, verlate, verworpe. Hy rou oor sy situasie (vers 10).
Die wending kom toe hy ophou om homself te bejammer en opkyk na God (vers 13). Vanuit dié groter perspektief skep hy moed vir sy eie situasie. Soos die Here in ander situasies uitkoms gee (vers 14), sál Hy Hom ook oor die digter ontferm, want Hy luister na die gebed van dié wat alles verloor het (vers 18). Hy weet immers alles en sien alles (vers 20).
Ondanks frustrasie, ellende, verlatenheid en angs kan jy bly glo in God wat ewig is en nooit verander nie (vers 28). Soos Hy oor die eeue heen ander gehelp het, sál Hy jou ook dra. Daarvoor het Christus self deur Godsverlatenheid gegaan (Mark 15:34) sodat ons in God ’n Vader kan hê (Joh 20:17).

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.