Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. (vers 10)

Hier is rooi ligte net waar jy kyk. En dit begin by die huis. Die ouers het nie hulle geloof en geloofskennis aan hulle kinders oorgedra nie, met die gevolg dat Israel binne een geslag heidene geword het. Hulle het nie die Here geken of veel van Hom geweet nie.
Dit was Israel se probleem. Oor en oor word hulle gevra om met hulle kinders te praat (Eks 10:2, 13:8, Deut 4:9), maar dit het nie gebeur nie.
Dit is uiters ontstellend. Ek het dit as predikant ook beleef dat ’n familie binne een geslag kerkloos en Godloos word. Dit is, helaas, ook dikwels my ervaring in die kategeseklas. Baie kinders weet so min van God, dis om van te huil.
As God en jou geloof in Hom en jou getuienis oor wat Hy in jou lewe beteken, nie deel van jou gesprekke in die huis is nie, kan dit gebeur dat jou kinders besluit God is nie regtig belangrik nie. En dan is die skrif aan die muur.

image_pdfimage_print

Views: 23

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.