Hy moet meer word en ek minder. (vers 30)

Die heel grootste ding wat ’n kind van die Here kan doen, is om klein te word. Soos Johannes hier sê: “Hy moet meer word en ek minder.” Voor God kan jy net groot wees as jy klein is in jouself, as jy leeg is van jouself en jou eie ek, en daarom ruimte het vir die heerlikheid en beeld van Christus in jou lewe.
Geestelike groei beteken om te krimp aan jouself en jou eie ek, jou eie wil, jou selfliefde.
Ek minder, sodat Hy meer kan wees, meer in my lewe, in my denke, in my woorde, in my oordele, in my besluite, in my huwelik.
Ek minder, sodat ek plek kan maak vir Hom in my lewe.
Hy meer, sodat Hy al meer en meer kan regeer in my lewe, sodat ander Hom al meer kan raaksien as hulle na my kyk, sodat sy liefde my hele lewe kan vul.
Dis nie maklik nie, dis soms, meestal, verskriklik moeilik. Dit vra dat jy met jouself en jou selftrots moet worstel. Jesus het dit in soveel woorde gesê (Matt 16:24): “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg …”

image_pdfimage_print

Views: 22

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.