Toe het hulle tot die Here geroep om hulp, en Hy het ’n redder vir hulle na vore laat kom … (vers 15)
Twee feite staan vir my uit. Die een is die dodelike houvas van sonde en afvalligheid. Dis soos ’n herhalende tema. In hierdie hoofstuk staan dit twee maal (vers 7 en 12): “Die Israeliete het (weer) gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here …” Sonde klou soos ’n neet aan ons vas, en dis nie so maklik om sy versoekings te weerstaan nie.
Die ander feit is God se oneindige geduld. Ondanks alles tree Hy telkens vir Israel in.
Die verteller wys ons daarop dat God die ander volke toegelaat het om Israel te verdruk, en hulle gebruik om Israel te leer dat hulle Hom nodig het (vers 1,2 en 4). Dis vandag nog hoe die Here werk. Hy laat dinge en mense in ons lewens toe sodat ons telkens weer ons oë na Hom kan draai.
Ons het egter ’n groot voordeel bo oud-Israel. Die Here het sy Gees vir ons gegee om ons te help om aan Hom vas te hou. Die Gees werk nie meer net in sekere mense soos die rigters nie (vers 10). Hy werk in ons almal. In jou ook.
Views: 33