Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. (vers 21)

Die kernboodskap van die Bybel gaan oor ons verhouding tot God, en dat ons al nader aan God moet lewe. En dit ís natuurlik so. Dit gaan in die Bybel en in die geloof om ons verhouding tot God en ons liefde vir God, en sy liefde vir ons.
Maar dit is net die helfte van die waarheid. Dit is eintlik merkwaardig hoeveel klem die Bybel lê op ons verhouding met mekaar as net so ’n noodsaaklike deel van ons geloofslewe, van ons godsdiens. Dink maar aan Matt 22:34-40! In Joh 17, wat in ’n sekere sin die testament van Christus is, sy laaste wil voordat Hy gevange geneem en gekruisig is, is dit vir Christus so belangrik dat ons aan mekaar verbind sal wees, een sal wees, dat Hy dit 4 keer herhaal: in vers 11, en dan weer 3 keer in verse 21-23.
Ek huil oor die NG Kerk wat deesdae onder mekaar baklei en besig is om uitmekaar te skeur. Dit kan tog nie!

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.