Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. (vers 1)

Geloof is om oortuig te wees van die dinge wat ons (nog) nie sien nie, maar waarop ons hoop (vers 1). Om te weet daar is meer as dit wat ons met ons sintuie kan waarneem; dat daar agter die sienlike ook die Onsienlike is.
In Heb 2:8,9 skryf hy: “Nou sien ons nog nie … Maar ons sien Jesus …” Ons sien nog nie vir God nie, ons sien niks … maar tog sien ons iets: Jesus! Daarom sê die skrywer telkens dat die gemeente hulle oog op Jesus gevestig moet hou. “Daarom … moet julle noukeurig let op Jesus …” (Heb 3:1), “… die oog gevestig op Jesus … Hou Hom voor oë …” (Heb 12:2,3).
Jy mag jou nie blind staar teen wat jy met jou gewone oë kan sien nie, want jy weet: die wêreld is méér. Daarom kyk jy anders as ander mense. Jy sien God se wil raak en kyk nie vas en word verlei deur wat voor oë is nie, want jy weet God is deel van jou lewe, en jy rig jou lewe daarvolgens in. Dís geloof.

image_pdfimage_print

Views: 10

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.