Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” (vers 28)

Daar is liberale teoloë wat beweer dat Jesus se einde onnodig en tragies was. Maar sy dood was nie die tragiese einde van ’n mislukte held (soos in outydse tragedies) nie. Dit was ’n doelbewuste en gewillige oorgee van Homself tot in die dood. Dit sien ons in alles wat hier by die kruisiging gebeur, veral ook waar Jesus uitroep: “Ek is dors!” Hierdie woorde herinner aan sy woorde in Joh 18:11 (toe hulle Hom gevange geneem het). Toe het Jesus vir Petrus gesê: “Sit die swaard in sy skede terug. Moet Ek dan nie die lydensbeker drink wat die Vader my gegee het nie?” Met drink bedoel Hy die doen van die wil van die Vader. En met die kruiswoorde: “Ek is dors!” spreek Hy sy verlange uit om die wil van die Vader enduit te doen.
Ook sy laaste woorde onderstreep hierdie feit, toe Hy uitgeroep het: “Dit is volbring!” Dit is afgehandel. Die taak is uitgevoer. God se opdrag is tot die laaste druppel toe gedoen. Sy taak is voltooi.
Dit het Hy vir jou en my gedoen, uit eie vrye wil.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.