“Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. En Hiskia antwoord: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie.” (vers 4)

Jesaja vertel nie die hele verhaal nie; dalk om Hiskia te spaar. Hy was tot hiertoe die toonbeeld van rotsvaste geloofsvertroue te midde van die Assiriese bedreiging. En op sy hartstogtelike gebed het God hom genees en nog vyftien jaar by sy lewe gevoeg. Maar die skrywer van 2 Kronieke vertel die res: “Hiskia het egter nie dankbaarheid betoon vir dié weldaad nie. Hy het ingenome geword met homself …” (2 Kron 32:25). Daarom val hy omtrent oor sy voete om by die gesante van Babel te spog oor sy skatte.
Dit was natuurlik nie sy prestasie, al dié skatte nie. Gód het dit aan hom geskenk, soos Hy ook elke dag vir ons voorsien (vgl Hand 17:25).
Dis die probleem met ydelheid en spoggerigheid: jy laat die lig op jouself val. Dis niks anders nie as ’n vorm van narsisme. Jesaja illustreer dit met sy reaksie op God se bestraffing – solank dit net nie in sý tyd gebeur nie (vers 8).
Waar laat jý dit lig val in jou omgang met ander?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.