Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van die Here. (vers 21)

Die hoofstuk begin met die mededeling dat die woord van die Here in daardie tyd min gehoor is, en dit eindig met die aankondiging dat die Here toe weer in Silo verskyn het. Een persoon, Samuel, het gemaak dat die woord van die Here weer gehoor is.
Dalk was jy ook al in ’n situasie waar dit vir jou gevoel het jy is die enigste gelowige. Dit kan jou werksomgewing wees wat uiters apaties of selfs vyandig teenoor die Christelike geloof staan. Dit kan die koshuis wees waarin jy tuisgaan. Dit kan die land wees waarin jy woon. In só ’n situasie kan ’n mens maklik dink jy is stoksielalleen as gelowige, en dit sal tog nie help om te probeer getuig vir Christus nie.
Die waarheid is dat God met net een gelowige groot dinge kan vermag, soos Hy met Samuel gedoen het. Jou bietjie is vir Hom genoeg, soos die seuntjie se twee vissies en vyf brode vir Jesus genoeg was (Joh 6:9). Want die resultaat hang nie van jou af nie. Dis die evangelie.

image_pdfimage_print

Hits: 4

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.