Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. (vers 8)

Dawid sing hier oor die wonder dat God hom nie straf oor al sy sonde nie, maar vergewe (vers 3).
Só is die Here! Onpeilbaar groot in sy liefde (vers 11-12), ’n liefde so groot dat hy sy eie Seun gegee het om ons almal te kan red (Joh 3:16).
Psalm 103 sê dat, as ons aan God toegewy lewe, ons ook die wonder van sy grootheid opnuut weer sal ontdek. Vier keer in hierdie psalm sê Dawid dat die liefde en ontferming van die Here net beleef word deur dié wat Hom dien (vers 11, 13, 17 en 18). Want dit is wanneer ’n mens die Here dien en toegewy aan Hom lewe, dat jy nader aan die Here kom.
Die fout wat ons soms maak, is dat ons in tye wanneer ons ver van die Here voel, ophou om sy teenwoordigheid op te soek. En so dryf jy al hoe verder van Hom af weg en voel dit of Hy nie vir jou omgee nie. Dawid sê dit is wanneer jy die Here dien en vir Hom lewe, dat jy sy teenwoordigheid en liefde werklik beleef.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.