Dié meisie was mooi, sy was baie mooi. (vers 7)

Die Bybel sê Ester was baie mooi. Maar dis nie al wat die Bybel vir ons van haar vertel nie. Ester was nie net mooi van buite nie. Sy was veral ook mooi van binne. Ons lees sy het ’n goeie indruk gemaak op almal wat haar gesien het (vers 15).
Dit was Ester se geheim. Sy was tussen baie ander mooi meisies, maar sy staan uit, want sy was van binne ook mooi. G’n wonder nie dat sy die kompetisie loshande gewen het. (vers 17)
Die belangrikste ding wat iemand van jou kan sê, is nie dat jy mooi is nie. Die belangrikste wat mense van jou moet kan sê, is dat jy van binne mooi is. Want as jy van binne mooi is, dan wys dit op jou gesig, want dit wys wie jy eintlik is.
In 1 Petrus 3:3,4 staan: “Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.”
Dit geld vir ons almal; mans ook. Uiterlike dinge kan nie opweeg teen dit wat in jou is nie.

image_pdfimage_print

Visits: 40

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
fb-share-icon20
Tweet20
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.