Ons prediking berus immers nie op dwaling nie, kom ook nie voort uit onsuiwer beweegredes nie en is sonder enige bybedoelings. (vers 3)

Paulus verweer hom hier bes moontlik teen beskuldigings van die Jode, naamlik dat hy met onsuiwer motiewe mense gemanipuleer het ter wille van eie gewin; iets wat helaas in die wêreld van destyds redelik algemeen was. Maar dit was allermins Paulus se motief. Hy het nie probeer om mense se goedgesindheid te koop deur die heuningkwas kwistig te gebruik en vir hulle te vertel hoe oulik hulle is wanneer hulle dit nie is nie. Hy het eerder soos ’n pa (vers 11-12) opgetree en sy geloofskinders bemoedig, aangespoor en hulle dit op die hart gedruk om hulle lewe in te rig soos God dit wil hê.
Daar is vandag steeds mense wat met die evangelie smous vir eie verryking. Televangeliste rol in die geld omdat hulle vir mense vertel wat hulle wil hoor, en goedgelowige kykers is maar te gewillig om hulle beursies daarvoor oop te maak.
Die evangelie is egter sonder bybedoelings. Dit is hoe ek en jy ook moet optree: liefdevol en eerlik. Sê wat nodig is, tik oor die vingers as dit moet, gee die nodige aansporing en motiveer deur jou eie voorbeeld.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.