Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. (vers 1)
Hierdie lied begin met ’n saligspreking en sing dan oor die voorspoed wat die Here aan mense gee op talle terreine: by jou werk (vers 2), in jou huwelik en gesinslewe (vers 3) en in die breë gemeenskap (vers 5).
Dit is woorde wat ons graag hoor en omhels. Wie wil dan nie geseën wees en voorspoed geniet nie?
Natuurlik, as ’n mens net die beloftes in die Bybel omhels en koester, het jy nog nie die Bybel tot sy reg laat kom in jou lewe nie. Want in hierdie pelgrimslied is daar nie net beloftes van seëninge nie; dit trek ook die grense waarbinne dié seëninge uitgedeel word. Die Here se seëninge, sê die digter, is vir elkeen _wat die Here dien_ (vers 1 en 4).
Dit is ’n tema wat reg deur die Bybel loop. God oorlaai ons met goedheid, maar Hy verwag ook ’n prestasie van ons kant. Ons is nie op ’n soustrein op pad hemel toe nie. Ons behoort aan Hom sodat ons vir Hom kan lewe en Hom kan dien.
Hoe gaan jy Hom vandag dien en eer vir al sy goedheid?
Naskrif:Â Ek en Elmien gaan by ons dogter in die VSA kuier en sal eers weer in Augustus terug wees om my skryfwerk te hervat. Vrede!