’n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here. (vers 2)

Pas nadat Nadab en Abihu saam met hulle pa Aäron as priesters van die Here gewy is, tref hierdie ramp hulle omdat hulle “ongeoorloofde vuur” gebruik het om die wierook te brand. Waarskynlik het hulle nie die vuur van die altaar af, wat dag en nag aan die brand gehou moes word (6:13), gebruik nie, maar kole van ’n gewone vuur, buite die heiligdom. Dit was teen die Here se bevel (vers 1).
Dis ’n goeie vraag hoekom hulle dit gedoen het. Sou hulle nie geweet het nie? Was hulle maar net traak-my-nie-agtig? Ons weet nie, maar uit die gebeure is dit duidelik dat ’n mens nie met speletjies besig is as jy in die Here se teenwoordigheid is nie. Die Here is heilig. Daarom sê Spr 1:7 (2020-vertaling): “Ontsag vir die Here is die begin van kennis …”
Daar is mense wat op ’n baie familiêre wyse met God omgaan, asof Hy hulle maat is. “Ek en die Man van bo verstaan mekaar,” het ek al gehoor. Dis dalk wat Nadab en Abihu ook gedink het?

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.