Help ons, o God, ons Redder, ter wille van die eer van u Naam, red ons, vergewe ons ons sondes tot die eer van u Naam. (vers 9)

Hierdie psalm kom uit die ballingskapstyd. Jerusalem lê verwoes; die gesneuweldes onbegrawe. En boonop het die buurvolke hulle verlekker in die Jode se leed en vernedering (vers 4).
In dié haglike omstandighede vlug die digter tot God en smeek om redding en vergifnis. Hy besef hulle ellende is die gevolg van sonde (vers 8), maar ook dat God se Naam daardeur in oneer kom (vers 9-10). Daarom het hy vrymoedigheid om tot God te roep.
Sy gebed is uiteindelik in Christus geantwoord, toe Hy gekom het om ons sonde te versoen, én om God se Naam te verheerlik (Joh 17:4).
In die “Ons Vader” leer die Here Jesus ons om ook soos die psalmis te bid: “Laat u Naam geheilig word … en vergewe ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree” (Matt 6:9 en 12).
Ons bid nie meer God se gramskap (vers 6) af op ander nie; ons vergewe hulle. En uiteindelik is óns die mense wat God se Naam moet verheerlik.
Doen dit vandag!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.