Dawid het toe vir die jongman wat hom die berig gebring het, gevra: “Van waar is jy nou weer?” Hy het geantwoord: “Ek is nie ’n landsburger nie. Ek is ’n Amalekiet.” (vers 13)

Die storie wat die Amalekiet vir Dawid vertel, rym nie met die berig oor Saul se dood in 1 Sam 31 nie. ’n Amalekiet sou nie in die hitte van die stryd op die slagveld wees nie, en om aan die hand van ’n Amalekiet te sterf, sou vir Saul minstens net so erg wees as om deur ’n Filistyn gedood te word (lees 1 Sam 15!).
Nee, die Amalekiet was ’n lykrower wat munt wou slaan uit Saul se dood. Hy het waarskynlik gedink Dawid sou bly wees om te hoor Saul is dood, maar hy het hom lelik misgis. Vir Dawid het Saul die gesalfde van die Here gebly, en daarom onaantasbaar (vers 14).
’n Mens kan jou nogal verwonder oor Dawid se reaksie. Saul was immers die man wat sy lewe vir baie jare hel gemaak het. Maar Dawid het die Here se gebod van liefde verstaan. Jy moet jou vyand ook liefhê, soos Jesus baie jare later duidelik uitgespel het (Matt 6:43-48).
Hierin kan ons Dawid se voorbeeld volg.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.