Dawid het geantwoord: “Goed, ek sal ’n ooreenkoms met jou sluit. Ek verwag net een ding van jou, en dit is dat jy nie met my moet kom onderhandel sonder om Saul se dogter Mikal saam te bring nie.” (vers 13)

In die politieke magspel waarvan ons in hierdie hoofstuk lees, word vroue gereduseer tot besittings. Dawid se harem groei fluks aan deur politieke huwelike met bondgenote. In Salomo se tyd sou dit totaal handuit ruk.
Ons lees van twee vroue by die naam: Rispa, ’n byvrou van Saul, wat deur Abner gevat word om só ’n aanspraak op die troon te maak. En dan Mikal, Dawid se eerste vrou wat later deur Saul aan ’n ander man gegee is.
’n Mens kry die indruk dat niemand omgee hoe die vroue oor die situasie voel nie. Die enigste reaksie waarvan ons lees, is dié van Palti, Mikal se tweede man (vers 16).
Jesus het dié manier van dink uitgedaag deur die besondere plek wat Hy aan vroue gegee het. Die manier waarop Hy vroue respekteer het (o.a. die sg. owerspelige vrou in Joh 8:3-11, en die vrou wat aan bloedvloeiing gely het in Mark 5:25-34) skreeu teen dit wat in 2 Sam 3 gebeur.
Mag ons sy voorbeeld uitleef!

image_pdfimage_print

Views: 10

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.